Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER
" Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75107] Vr, 28 Maart 2003 23:53 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

R.K. Belcher
Atta unsar pu in himinam

Atta unsar pu in himinam,
weihnai namo pein
qimai piudinassus peins.
wairpai wilja peins,
swe in himina
jah ana airpai.
hlaif unsarana pana sinteinam gif uns himna daga.
jah aflet
uns patei skulans sijaima,
swaswe jah weis afletam paim skulam unsareim,
jah ni briggais uns in fraistubnjai,
ak lausei uns af pamma ubilin;
unte peina ist piudangardi
jah mahts
ja wulpus
in aiwins
amen.

Waita Ou-derra van ons
wat koesta daarbo in die Pieraks
nei jy's nie van hier rond nie
laat rol jou kroon
laat rol jou bolle
seimte in jou Pieraks
seimte in ons township
ou ons vandag ons bollinkie djog
en gee nie gravy vir ons zotas nie
soos ons nie gravy gee vir ons gabbas se zotas nie
gooi plank in die gat by sattanas
en laat halloep vir hom 'n knop by ons
kôs die kroon dis joune
en die ghounie dis joune
en die oemwêt dis joune
vir tyte en tyte en tyte
zieras
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75117 is 'n antwoord op boodskap #75107] Sa, 29 Maart 2003 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

> R.K. Belcher
> Atta unsar pu in himinam
>
> Atta unsar pu in himinam,
> weihnai namo pein

In hierdie gedig van Belcher, begin
hy deur die Onse Vader in Goties aan
te haal. Ek wil egter uitwys dat
meeste kere as daar 'n -p- gedruk
word in die gedig, dit eintlik die
verkeerde klank weergee. In die Goties
gebruik hulle 'n p wat langer bo en
onder is as die gewone p, en dit word
-th- uitgespreek. Dus "thu in himinam."
Mens kry daardie klank terug in die
Engelse "thou" nog.

Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75121 is 'n antwoord op boodskap #75117] Sa, 29 Maart 2003 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" schreef op Sat, 29 Mar 2003 14:50:29 GMT
in de nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> @rogers.com wrote:
>
>> R.K. Belcher
>> Atta unsar pu in himinam

>> Atta unsar pu in himinam,
>> weihnai namo pein
>
> In hierdie gedig van Belcher, begin
> hy deur die Onse Vader in Goties aan
> te haal. Ek wil egter uitwys dat
> meeste kere as daar 'n -p- gedruk
> word in die gedig, dit eintlik die
> verkeerde klank weergee. In die Goties
> gebruik hulle 'n p wat langer bo en
> onder is as die gewone p, en dit word
> -th- uitgespreek. Dus "thu in himinam."
> Mens kry daardie klank terug in die
> Engelse "thou" nog.
>
> Gloudina

Het 'Onze Vader' in het Gotisch is een tekst van bisschop Wulfila die
missiebisschop was bij de Goten. Hij behoorde tot het ariaanse
christendom en leefde van +/- 311 tot +/- 383. Zijn Gotische
bijbelvertaling is gedeeltelijk bewaard gebleven in de zogenaamde
'Codex argentus' die zich nu in Uppsala in Zweden bevindt. Het 'Atta
Unsar' in het Gotische schrift alsmede een overzetting in modern
schrift en ook woordelijk vertaald in het Engels, vinden jullie op
volgende url:

http://www.georgetown.edu/faculty/ballc/oe/paternoster-gothi c.html

--
Groeten,
Michel.

(e-mailadres = nep)
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75122 is 'n antwoord op boodskap #75121] Sa, 29 Maart 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Michel Martens schreef op Sat, 29 Mar 2003 20:22:58 +0100 in de
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

> 'Codex argentus' die zich nu in Uppsala in Zweden bevindt. Het 'Atta
> Unsar' in het Gotische schrift alsmede een overzetting in modern
> schrift en ook woordelijk vertaald in het Engels, vinden jullie op
> volgende url:
>
> http://www.georgetown.edu/faculty/ballc/oe/paternoster-gothi c.html

Zie ook:

http://w3.ub.uu.se/arv/codexeng.cfm
--
Groeten,
Michel.

(e-mailadres = nep)
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75135 is 'n antwoord op boodskap #75117] Ma, 31 Maart 2003 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 240
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Waar krap jy dié stront nou weer uit? Pos in Afrikaans of lossit.

(Ek praat van die tweede strofe - die eerste is in elk geval sinneloos.)

"@rogers.com"
> @rogers.com wrote:
>
>> R.K. Belcher
>> Atta unsar pu in himinam
>>
>> Atta unsar pu in himinam,
>> weihnai namo pein
>
> In hierdie gedig van Belcher, begin
> hy deur die Onse Vader in Goties aan
> te haal. Ek wil egter uitwys dat
> meeste kere as daar 'n -p- gedruk
> word in die gedig, dit eintlik die
> verkeerde klank weergee. In die Goties
> gebruik hulle 'n p wat langer bo en
> onder is as die gewone p, en dit word
> -th- uitgespreek. Dus "thu in himinam."
> Mens kry daardie klank terug in die
> Engelse "thou" nog.
>
> Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75140 is 'n antwoord op boodskap #75135] Ma, 31 Maart 2003 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Waar krap jy dié stront nou weer uit? Pos in Afrikaans of lossit.
>
> (Ek praat van die tweede strofe - die eerste is in elk geval sinneloos.)

Ek neem eksepsie dat jy so van die weergawes
van die Onse Vader praat.
Die herhaling van die Onse Vader in Kaapse
Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat dit behoort
te ken, is ook nie iets wat jy so voor die voet
en so onbeskof moet veroordeel nie. Veral as jy
heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het
oor my standpunt. Hier kry ons tenminste opregte
Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat behoort te
weet. Ek kan nie sê dat ek al die woorde verstaan
nie.
Ek het nogal gesonde respek vir Belcher. Hy
skryf goeie sonnette op SA historiese temas, iets
wat verfrissend is tussen al die stortreën van
emosionele snert wat deesdae so maklik deurgaan vir
digwerk in die SA letterkunde.

Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75148 is 'n antwoord op boodskap #75140] Di, 01 April 2003 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 240
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
My liewe Gloudina

Ek antwoord jou so tussendeur...

"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>> Waar krap jy dié stront nou weer uit? Pos in Afrikaans of lossit.
>>
>> (Ek praat van die tweede strofe - die eerste is in elk geval sinneloos.)
>
> Ek neem eksepsie dat jy so van die weergawes
> van die Onse Vader praat.

Dis jou volle reg. Net soos wat dit my volle reg is om dit te sien as
lettertjies wat geen sin maak nie...

> Die herhaling van die Onse Vader in Kaapse
> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat dit behoort
> te ken, is ook nie iets wat jy so voor die voet
> en so onbeskof moet veroordeel nie. Veral as jy

So, as ek nou die Onse Vader in Boesmantaal vertaal, maak dit van my
'n digter? Ek dink dit nie... Eerder 'n vertaler.

> heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het

Ek dare jou om my aan te haal. Ek het dit nog nooit as meer gesien as
'n gespot nie...

> oor my standpunt. Hier kry ons tenminste opregte
> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat behoort te

Wat is "opregte Slamaaier Afrikaans"? Bestaan daar so iets? Wie praat
dit? Moet ons as Afrikaanssprekendes 'n trots hê daarvoor?

> weet. Ek kan nie sê dat ek al die woorde verstaan
> nie.
> Ek het nogal gesonde respek vir Belcher. Hy
> skryf goeie sonnette op SA historiese temas, iets
> wat verfrissend is tussen al die stortreën van
> emosionele snert wat deesdae so maklik deurgaan vir
> digwerk in die SA letterkunde.

...en hy weet hoe om die Onse Vader in Slamaaier Afrikaans te vertaal.
Viva Belcher!!!

>
> Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75151 is 'n antwoord op boodskap #75148] Di, 01 April 2003 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sê eens, Max, is jy teenwoordig met jou verkeerde been uit die bed
gestap? Jy kuier hier die laaste dae sommer rond met jou agressiewe
artikels soos 'n beer op sokkies.
Ek sou wel eens wou geweet het hoe die Atta unsar daaruit sien in
Slamaaier Afrikaans. As hierdie vertaling deur Belcher reg is dan kry
ek, anders as jy, meer respek dan ooit vir die Atta unsar en dan moet
ek die Atta unsar rêrig as 'n gedig aansien. Want vanaf die Gote tot
die Slamaaier Afrikaners het blykbaar alle mense in dieselfde mate oor
hulle posisie in die wêreld nagedink. Selfs 'n ateïs sal dit toegee.
Drink jy teenwoordig nie 'n bietjie teveel boegoebrandewyn, Bols of
Heineken nie? 'n Mens sou begin veronderstel jy is 'n ongelikte beer.

My naam is Norbert en ek kom uit Vlaandere

On 31 Mar 2003 23:49:40 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> My liewe Gloudina
>
> Ek antwoord jou so tussendeur...
>
> "@rogers.com"
>> Max wrote:

>>> Waar krap jy dié stront nou weer uit? Pos in Afrikaans of lossit.
>>>
>>> (Ek praat van die tweede strofe - die eerste is in elk geval sinneloos.)

>> Ek neem eksepsie dat jy so van die weergawes
>> van die Onse Vader praat.
>
> Dis jou volle reg. Net soos wat dit my volle reg is om dit te sien as
> lettertjies wat geen sin maak nie...
>
>> Die herhaling van die Onse Vader in Kaapse
>> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat dit behoort
>> te ken, is ook nie iets wat jy so voor die voet
>> en so onbeskof moet veroordeel nie. Veral as jy
>
> So, as ek nou die Onse Vader in Boesmantaal vertaal, maak dit van my
> 'n digter? Ek dink dit nie... Eerder 'n vertaler.
>
>> heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
>> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
>> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het
>
> Ek dare jou om my aan te haal. Ek het dit nog nooit as meer gesien as
> 'n gespot nie...
>
>> oor my standpunt. Hier kry ons tenminste opregte
>> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat behoort te
>
> Wat is "opregte Slamaaier Afrikaans"? Bestaan daar so iets? Wie praat
> dit? Moet ons as Afrikaanssprekendes 'n trots hê daarvoor?
>
>> weet. Ek kan nie sê dat ek al die woorde verstaan
>> nie.
>> Ek het nogal gesonde respek vir Belcher. Hy
>> skryf goeie sonnette op SA historiese temas, iets
>> wat verfrissend is tussen al die stortreën van
>> emosionele snert wat deesdae so maklik deurgaan vir
>> digwerk in die SA letterkunde.
>
> ...en hy weet hoe om die Onse Vader in Slamaaier Afrikaans te vertaal.
> Viva Belcher!!!
>

>> Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75158 is 'n antwoord op boodskap #75151] Di, 01 April 2003 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

Want vanaf die Gote tot
> die Slamaaier Afrikaners het blykbaar alle mense in dieselfde mate oor
> hulle posisie in die wêreld nagedink. Selfs 'n ateïs sal dit toegee.

Dankie, Norbert. Jy druk presies uit wat ek
voel. Toe ek probeer dink het hoe om die opset
van Belcher se gedig te "verduidelik", toe was
een van die redes vir die sukses van die gedig
juis die feit dat hy 'n ou Indo-Europese taal,
wat omtrent die vierde eeu na Christus uitgesterf
het, geplaas het naas 'n taal wat eers in die
laaste vier eeue sy beslag gekry het. En tog was
so baie van die woorde dieselfde: unsar/ons,
himinam/hemel, wilja/wil ensovoorts.

Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75159 is 'n antwoord op boodskap #75148] Di, 01 April 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

>> heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
>> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
>> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het
>
> Ek dare jou om my aan te haal. Ek het dit nog nooit as meer gesien as
> 'n gespot nie...

Wel, ek vra dan om verskoning. Maar jy is
seker die enigste wat daardie dominee se
Griekwa-Afrikaans as 'n "gespot" sien. Ek
kan jou nie vertel hoeveel keer ek die
dominee se goed aangestuur is uit SA nie.
Selfs deur 'n oortuigde ateis. Dis asof dit
deel van die Afrikaanse volksgoed is. En ek
het objeksie gemaak daarteen, bloot omdat
ek oortuig is dat die dominee sy eie konstruksies
opmaak en nie histories en taalkundig-presiese
"Griekwa-Afrikaans" beskryf nie. Ek wonder wat
ou professor Kempen en Meyer de Villiers van
die ou se Griekwa-Afrikaans sou gesê het. En wat
deesdae se taalhistorici daarvan sê.

Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75162 is 'n antwoord op boodskap #75148] Di, 01 April 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Wat is "opregte Slamaaier Afrikaans"? Bestaan daar so iets? Wie praat
> dit? Moet ons as Afrikaanssprekendes 'n trots hê daarvoor?

Ja, ons moet 'n respek en trots daarop
hê. Ons Afrikaans-sprekendes. Wat vir
Belcher insluit. Dis deel van Belcher
se taalmilieu, deel van Belcher se taal-
erfenis, deel van 'n Afrikaans-sprekende
se taalerfenis. En as Belcher nie alleen
die Slamaaier-gebed as deel van sy taal-
geskiedenis sien nie, maar ook die Gotiese
vorm van die Onse Vader as sy taalerfenis
sien, dan is dit nog meer indrukwekkend.
Ek dink jy moet die Goties weer lees, en
sien hoe baie woorde baie na aan Afrikaans
is.

Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75166 is 'n antwoord op boodskap #75151] Di, 01 April 2003 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 240
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Lieverd

As jy so bly is met jou weergawe van die Atta Unsar in Slamaaier
Afrikaans, is ek saam met jou bly.

Knuffels

My naam is Max, en ek kom van die Kaap, maar nou kom ek sommer in
Nederland, oor die strykplank.
____________________________________________________

Sterrenkijker
> Sê eens, Max, is jy teenwoordig met jou verkeerde been uit die bed
> gestap? Jy kuier hier die laaste dae sommer rond met jou agressiewe
> artikels soos 'n beer op sokkies.
> Ek sou wel eens wou geweet het hoe die Atta unsar daaruit sien in
> Slamaaier Afrikaans. As hierdie vertaling deur Belcher reg is dan kry
> ek, anders as jy, meer respek dan ooit vir die Atta unsar en dan moet
> ek die Atta unsar rêrig as 'n gedig aansien. Want vanaf die Gote tot
> die Slamaaier Afrikaners het blykbaar alle mense in dieselfde mate oor
> hulle posisie in die wêreld nagedink. Selfs 'n ateïs sal dit toegee.
> Drink jy teenwoordig nie 'n bietjie teveel boegoebrandewyn, Bols of
> Heineken nie? 'n Mens sou begin veronderstel jy is 'n ongelikte beer.
>
> My naam is Norbert en ek kom uit Vlaandere
>
>
> On 31 Mar 2003 23:49:40 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>
>> My liewe Gloudina
>>
>> Ek antwoord jou so tussendeur...
>>
>> "@rogers.com"
>>> Max wrote:
>
>>>> Waar krap jy dié stront nou weer uit? Pos in Afrikaans of lossit.
>>>>
>>>> (Ek praat van die tweede strofe - die eerste is in elk geval sinneloos.)
>
>>> Ek neem eksepsie dat jy so van die weergawes
>>> van die Onse Vader praat.
>>
>> Dis jou volle reg. Net soos wat dit my volle reg is om dit te sien as
>> lettertjies wat geen sin maak nie...
>>
>>> Die herhaling van die Onse Vader in Kaapse
>>> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat dit behoort
>>> te ken, is ook nie iets wat jy so voor die voet
>>> en so onbeskof moet veroordeel nie. Veral as jy
>>
>> So, as ek nou die Onse Vader in Boesmantaal vertaal, maak dit van my
>> 'n digter? Ek dink dit nie... Eerder 'n vertaler.
>>
>>> heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
>>> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
>>> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het
>>
>> Ek dare jou om my aan te haal. Ek het dit nog nooit as meer gesien as
>> 'n gespot nie...
>>
>>> oor my standpunt. Hier kry ons tenminste opregte
>>> Slamaaier Afrikaans, deur iemand wat behoort te
>>
>> Wat is "opregte Slamaaier Afrikaans"? Bestaan daar so iets? Wie praat
>> dit? Moet ons as Afrikaanssprekendes 'n trots hê daarvoor?
>>
>>> weet. Ek kan nie sê dat ek al die woorde verstaan
>>> nie.
>>> Ek het nogal gesonde respek vir Belcher. Hy
>>> skryf goeie sonnette op SA historiese temas, iets
>>> wat verfrissend is tussen al die stortreën van
>>> emosionele snert wat deesdae so maklik deurgaan vir
>>> digwerk in die SA letterkunde.
>>
>> ...en hy weet hoe om die Onse Vader in Slamaaier Afrikaans te vertaal.
>> Viva Belcher!!!
>>
>
>>> Gloudina
Griekwa-Afrikaans [boodskap #75176 is 'n antwoord op boodskap #75159] Wo, 02 April 2003 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina : .. toe ek beswaar gemaak:
>> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
>> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het

Wouter
Prof Hans du Plessis is 'n akademikus, van Potchefstroom en ek
dink sy vakgebied is eerder tale as teologie. Hy is/was ook
direkteur van 'n skryfskool en is self 'n gevestigde skrywer.

Sy vertaling "In die skylte vannie Jirre" is goed ontvang is, deur
wit en bruin. Dele is getoonset en deur Randall Wicomb gesing, in
'n baie treffende gewyde uitvoering saam met 'n paar Griekwa-
akteurs en dansers. Dit het uitstekende revues gekry, ek het dit
ook self gesien en dit baie treffend ervaar.

Gloudina:
Ek kan jou nie vertel hoeveel keer ek die
dominee se goed aangestuur is uit SA nie.
Selfs deur 'n oortuigde ateis. Dis asof dit
deel van die Afrikaanse volksgoed is.

Wouter
Ek reken dis wat dit geword het. Volksgoed, in 'n dialek van Afrikaans.

Gloudina
En ek het objeksie gemaak daarteen, bloot omdat
ek oortuig is dat die dominee sy eie konstruksies
opmaak en nie histories en taalkundig-presiese
"Griekwa-Afrikaans" beskryf nie. Ek wonder wat
ou professor Kempen en Meyer de Villiers van
die ou se Griekwa-Afrikaans sou gesê het. En wat
deesdae se taalhistorici daarvan sê.

Wouter
Ek weet van geen taalhistoriese kritiek nie. En ek dink jy
doep teen ponderweer.
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75186 is 'n antwoord op boodskap #75158] Wo, 02 April 2003 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 240
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Okay, daar begin 'n lig vir my opgaan... Ek verstaan uiteindelik
hoekom die "gedig" (ek wil dit nog steeds eerder 'n vertaling noem)
vir jou soveel beteken...

Wat jy sê van die splinternuwe (uitgesterfde?) taal, saam met die ou
uitgesterfde taal is wel treffend.

Jammer, ek is nie so 'n taalliefhebber nie. Ek lees die gediggies
seker te letterlik.

Dankie, Gloudina, vir die moeite wat jy doen met ons
ongekultiveerdes...

Max

"@rogers.com"
> Sterrenkijker wrote:
>
> Want vanaf die Gote tot
>> die Slamaaier Afrikaners het blykbaar alle mense in dieselfde mate oor
>> hulle posisie in die wêreld nagedink. Selfs 'n ateïs sal dit toegee.
>
> Dankie, Norbert. Jy druk presies uit wat ek
> voel. Toe ek probeer dink het hoe om die opset
> van Belcher se gedig te "verduidelik", toe was
> een van die redes vir die sukses van die gedig
> juis die feit dat hy 'n ou Indo-Europese taal,
> wat omtrent die vierde eeu na Christus uitgesterf
> het, geplaas het naas 'n taal wat eers in die
> laaste vier eeue sy beslag gekry het. En tog was
> so baie van die woorde dieselfde: unsar/ons,
> himinam/hemel, wilja/wil ensovoorts.
>
> Gloudina
Re: " Atta unsar pu in himinam " deur R.K. BELCHER [boodskap #75187 is 'n antwoord op boodskap #75159] Wo, 02 April 2003 07:12 Na vorige boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 240
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>
>
>>> heelwaarskynlik, die keer toe ek beswaar gemaak
>>> het teen daardie Afrikaanse dominee wat maak asof
>>> hy die Bybel in Griekwa vertaal, my aangeval het
>>
>> Ek dare jou om my aan te haal. Ek het dit nog nooit as meer gesien as
>> 'n gespot nie...
>
> Wel, ek vra dan om verskoning. Maar jy is
> seker die enigste wat daardie dominee se
> Griekwa-Afrikaans as 'n "gespot" sien. Ek
> kan jou nie vertel hoeveel keer ek die
> dominee se goed aangestuur is uit SA nie.
> Selfs deur 'n oortuigde ateis. Dis asof dit
> deel van die Afrikaanse volksgoed is. En ek
> het objeksie gemaak daarteen, bloot omdat
> ek oortuig is dat die dominee sy eie konstruksies
> opmaak en nie histories en taalkundig-presiese
> "Griekwa-Afrikaans" beskryf nie. Ek wonder wat
> ou professor Kempen en Meyer de Villiers van
> die ou se Griekwa-Afrikaans sou gesê het. En wat
> deesdae se taalhistorici daarvan sê.
>
> Gloudina

Die ergste is as iemand kom kuier uit SA en dan die boekie (met die
beste bedoelings) aan jou gee as geskenk...
Vorige onderwerp: Fankryk? FRANKRYK?! Is dit?
Volgende onderwerp: Suidwesgoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 02:04:17 MGT 2024